Luister: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet

Loading player...
‘n Tienermeisie van Gauteng is gister in haar been getref toe sy saam met haar ma en boetie aangeval is, op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin.
Volgens Sersant Nanikie Nonyane van die Masoyi polisie, het dit om sowat kwart voor 1 gebeur naby die taxi-staanplek op die R538 deur Mganduzweni.
Die ma het stadiger gery oor ‘n spoedhobbel toe twee verdagtes op hulle begin skiet het. Sy het weggejaag.
Volgens die polisie is verskeie skote afgevuur wat onder meer die kar se regter agterband en windskerm getref het.
Die kind is Mediclinic Nelspruit toe geneem het vir behandeling.
4 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op

Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.
13 Aug 13 min

Mahindra: Stel veiligheid eerste

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.
12 Aug 11 min