Veearts moedig mense aan om diere in te ent teen hondsdolheid

Loading player...
Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag.
Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land.
Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of ander troeteldiere. "As die dier siek is, is hule meer aggressief en sal hulle makliker in ‘n geveg betrokke raak en dan word die hond of kat gebyt."
Luister weer hier na watter simptome om voor uit te kyk, en wat jy moet doen as jy moontlik in kontak met die virus kom.
28 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min