Hoe om jouself teen slenters te beskerm.

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is “social engineerging” waardeur mense gefop word om hul besonderhede te deel en dan so besteel word.
Daar is soveel voorbeelde van die praktyk, wat net in die laaste maand of twee in die nuus was. Basies doen mense hulself voor as ander op so ‘n manier dat jy, die slagoffer, dink dit is geloofwaardig.
Byvoorbeeld, bedrieërs maak asof hulle Sassa-werknemers is om jou inligting te steel en toegang tot jou rekening te kry of die “poskantoor” wil hê jy moet ‘n fooi betaal voor jy ‘n pakkie kan afhaal – en dan betaal die in die skelms se rekeninge in.
Onlangs het scammers hulself as ‘n bank se IT-personeel voorgedoen om – met mense se toestemming, onder die valse voorwendsel van sekuriteit - sagteware op hul tablette of fone af te laai om hul besonderhede en geld te steel.
Die uitvoerende hoof van Sabric, Nischal Mewalall, vertel ons meer oor wat mense uit voor kan kyk om hulself en hul geld beter te beskerm.
3 Aug 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min