GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
128 Episodes
1 – 20

Wêreldwagwoorddag - Prof Basie von Solms

7 Mei is Wêreldwagwoorddag—’n goeie herinnering dat ons digitale veiligheid by iets so eenvoudig soos ’n wagwoord begin. Met kubermisdaad wat wêreldwyd toeneem, is dit belangriker as ooit om seker te maak jou aanlyn profiele is beskerm. Ons gesels vandag met Basie von Solms, een van Suid-Afrika se voorste kubersekuriteitskenners,…
8 May 7AM 8 min

8 Mei - Afrikaansdag

Vandag vier ons Afrikaansdag – ’n dag waarop ons die ryk geskiedenis, unieke karakter en blink toekoms van Afrikaans vier. Afrikaans is meer as net ’n taal; dit is vir baie mense die taal van huis, hart, musiek, stories en identiteit. En wie beter om saam met ons oor Afrikaans,…
8 May 7AM 9 min

Snoete-goete: Pet Safety Solutions

Is jou erf werklik veilig genoeg vir jou troeteldier? Morné Combrink van Pet Safety Solutions Pty Ltd vertel ons meer van hul dienste
8 May 7AM 8 min

VERSKILMAKERS: Operation Healing Hands

Op 14 Junie pak Neels Janse van Rensburg die ikoniese Comrades Marathon aan — nie net vir die medalje nie, maar vir ’n saak wat sy hart diep raak. Hy hardloop ten bate van Operation Healing Hands, ’n organisasie wat lewensveranderende operasies moontlik maak vir mense wat dit nie kan…
7 May 6AM 13 min

Die Hart van 'n Ma - Daniëlla van Heerden

’n Nuwe boek, Die Hart van ’n Ma, verskyn binnekort en beloof om diep in ma-wees se emosies en realiteite te delf. Die boek is gebaseer op die gewilde podsending ’n Ma & ’n Mikrofoon, aangebied deur Daniëlla van Heerden en bring eerlike, eg Suid-Afrikaanse stories van ouerskap – van…
6 May 6AM 13 min

Aktualiteit: Hantavirus - moet ons bekommerd wees?

Gesondheidsowerhede maan dat daar tans geen rede vir openbare paniek is oor hantavirus nie, ondanks berigte van twee buitelandse toeriste wat dood is en ’n derde wat in ’n Johannesburgse hospitaal behandel is nadat hulle siek geword het aan boord van ’n passasierskip. Die Departement van Gesondheid sê hy is…
6 May 6AM 6 min

Aktualiteit: moontlike kragkrisis op hande in Tshwane metro, meen VF+

Die Vryheidsfront Plus doen ’n beroep op die Stad Tshwane om dringend aandag te gee aan ’n ernstige tekort aan vaardige personeel in sy Energie- en Elektrisiteitsafdeling. Volgens die party het die hersteltempo van kragfoute tot net 37% gedaal, met duisende tegniese klagtes wat al maande lank wag vir aandag…
6 May 6AM 7 min

ABC van Ouerskap: A - ADHD (Dr Annemarie Olivier)

Vandag skop ons 'n splinternuwe reeks, die ABC van Ouerskap, af met die letter A vir ADHD. Dis ’n term wat baie ouers al gehoor het, maar wat dikwels misverstaan word. Wat presies is ADHD? Wat veroorsaak dit, en hoe raak dit ’n kind se daaglikse lewe? Om ons hiermee…
5 May 5AM 17 min

Kweek 'n huwelik met karakter: Louis en Hettie Brittz

In elke huwelik is daar verskille – maar dit hoef nie skeiding te beteken nie. Met meer as 30 jaar se ervaring begelei Louis Brittz en Hettie Brittz paartjies om mekaar dieper te verstaan, gesonder te kommunikeer en weer vreugde in hul verhouding te vind. Hul benadering is prakties, eerlik…
30 Apr 6AM 18 min

VERSKILMAKERS: Rusty Rhino Revolution

Nadat 9 renosters die jaar reeds gestroop is in Dinokeng (met 4 wat gelukkig oorleef het) is die span genoodsaak om ’n fondsinsamelingsdag te hou op 9 Mei. Kim Hobson, stigter van Rusty Rhino Revolution sluit by Sarina aan in die ateljee.
30 Apr 6AM 10 min

Gebedsdag: Naasteliefde

Naasteliefde is nie net ‘n woord nie … dis die mense wat in jou hart leef. ♥️ Die name waaraan jy dink wanneer jy bid. Die gesigte wat jy nie wil vergeet nie. Die mense vir wie jy enigiets sal doen. Ivor Schwartz en Mariana Kriel gesels gedurende #MidOggend oor…
23 Apr 7AM 30 min

Gebedsdag: Gesonde gesinne en hoe om jou kinders van God te leer

Om ons geloof prakties uit te leef sodat ons kinders Jesus leer ken en nie net van Hom hoor nie - begin by ons as ouers. Wat ons in ons kinders se lewens saai vandag, bepaal die mens wat hulle môre gaan wees. So vra vir jouself - Watter voorbeeld…
23 Apr 7AM 35 min

Gebedsdag: Die rol van Godsvresende mans in die hedendaagse samelewing

In ’n wêreld waar waardes, identiteit en rigting soms verlore raak, speel Godsvresende mans ’n onskatbare rol in gesinne en gemeenskappe. ’n Man wat sy lewe op geloof, integriteit en liefde bou, skep nie net stabiliteit nie, maar wees ook die pad vir die volgende generasie. Vandag kyk ons na…
23 Apr 7AM 29 min

Entrepreneurskapsreeks: Hoe jonk kan 'n mens begin?

Met Suid-Afrika se hoë vlakke van jeugwerkloosheid word entrepreneurskap al hoe meer gesien as ’n belangrike pad na ekonomiese geleenthede. Een persoon wat baie tyd en energie belê om jong mense te inspireer, is Albert van Wyk. Deur sy projek Maak My ’n Miljoenêr, reis hy regoor die land om jongmense…
22 Apr 6AM 9 min

Aktualiteit: Verwag swaar reën in Pretoria

Terwyl dele van Suid-Afrika tans onder ’n Geel Vlak 4-weerwaarskuwing val, word inwoners van Gauteng gewaarsku om op hul hoede te wees vir erge donderstorms wat tot oorstromings, infrastruktuurskade en kragonderbrekings kan lei. In Pretoria en omliggende gebiede word reën en donderbuie veral oor die volgende paar dae verwag, wat…
22 Apr 6AM 5 min

Is dit werklik nodig om die griepinenting te kry? Dr Angelique Coetzee beantwoord ons vrae

Die griepinenting bied beskerming teen vier algemene influensastamme wat elke jaar sirkuleer. Dit help om die risiko van siekte en ernstige komplikasies te verminder, veral tydens die wintermaande wanneer griep seisoen piek. Jaarlikse inenting is belangrik omdat die virus voortdurend verander en kwesbare groepe die meeste geraak word. Sarina gesels…
21 Apr 5AM 8 min

Screen Her Save Her

Screen Her Save Her se jaarlikse borskankerbewusmakingsveldtog, in samewerking met Atterbury Trust, skop Dinsdag 21 April af by die Castle Gate Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie veldtog bring mobiele siftingseenhede met mammografie- en ultraklankdienste direk na gemeenskappe en vroue wat nie altyd toegang het tot hierdie dienste nie. Sarina gesels met Danelle…
17 Apr 6AM 12 min

Is dit werklik goedkoper om 'n elektriese voertuig te ry?

Tegnologiejoernalis by MyBroadband, Hanno Labuschagne deel sy eerstehandse ervaring met ’n elektriese voertuig (EV). Oor 15 000 km het hy sowat R10 000 minder aan energie bestee as wat petrol sou kos. Hy gesels oor die werklike kostes, praktiese uitdagings en voordele van EV-eienaarskap in Suid-Afrika.
17 Apr 6AM 16 min

Entrepreneurskapsreeks: die emosionele werklikheid van entrepreneurskap

Entrepreneurskap lyk van buite af dikwels glansryk – vryheid, sukses, beskikbaarheid tot jou eie tyd en die bou van ‘n nalatenskap. Maar agter die skerms lê daar ’n minder sigbare werklikheid: emosionele druk, onsekerheid, alleenheid en die konstante gewig van verantwoordelikheid. Vandag gesels Linda van der Walt van LND en…
15 Apr 6AM 11 min
1 – 20