Radio Tygerberg 104FM Kragbron I Jou daaglikse inspirasie

Kragbron I Jou daaglikse inspirasie

Daagliks het ons 'n inspirasie boodskap wat aansluit by ons Kragbron teksvers om jou te inspireer.
Daily English South Africa Religion & Spirituality · Christianity
1,071 Episodes
1 – 20

Lynette Beer - MIGA 7:7 NLV

Ek, daarenteen, sien met verwagting uit na wat die HERE gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor! MIGA 7:7 NLV
21 Oct 1AM 1 min

Ernie de Meyer - JESAJA 45:22

Laat die hele wêreld na My toe kom sodat julle gered kan word. Want Ek is God en daar is geen ander nie. JESAJA 45:22 NLV
19 Oct 1AM 2 min

Mariette Loubser - Lukas 9:62

En Jesus het vir hom gesê: “Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en dan omkyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. Lukas 9:62 AFR20
14 Oct 1AM 1 min

Henry Pike - Filippense 4:9

Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees. Filippense 4:9 AFR20
13 Oct 1AM 2 min

Neville D - TIMOTEUS 4:7

Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. 2 TIMOTEUS 4:7 NLV
9 Oct 1AM 1 min

Clement Martin - HEBREËRS 10:35

Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. HEBREËRS 10:35 NLV
8 Oct 1AM 2 min

Lynette Beer - ROMEINE 5:3

Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. ROMEINE 5:3 NLV
7 Oct 1AM 1 min

Ernie de Meyer - 1 KORINTIËRS 15:58

Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. 1 KORINTIËRS 15:58 NLV
6 Oct 1AM 2 min

Kenneth Woodward - JAKOBUS 1:12

Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet. JAKOBUS 1:12 NLV
5 Oct 1AM 2 min

Mike Potgieter - HEBREËRS 6:11

Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe. HEBREËRS 6:11 AFR53
2 Oct 1AM 1 min

Clement Martin - SPREUKE 4:7

Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om veral onderskeidingsvermoë te verkry. SPREUKE 4:7 NLV
30 Sep 1AM 2 min

Lynette Beer - SPREUKE 10:9

Die een wat opreg lewe, lewe in veiligheid. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ’n val. SPREUKE 10:9 NLV
29 Sep 1AM 1 min
1 – 20