Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
760 – 780

Dash-inskrywings open in Junie

Inskrywings vir een van die land se mees ikoniese uithousportbyeenkomste, die 2026 Nedbank Desert Dash, open in Junie. Plaaslike en internasionale fietsryers word uitgenooi om die legendariese 401km bergfietswedren oor die Namib-woestyn aan te pak. Kosmos 94,1 Nuus het met Selma Kaulinge, die bemarkingsbestuurder van die borg Nedbank gepraat, wat…
22 May 6AM 1 min

Unam hoop ooreenkoms met NAB sal produksie, waardekettings versterk

Die nuut ondertekende navorsingsvennootskap van 19 miljoen Namibiese dollar tussen Unam en die Akkerbouraad word beskou as 'n groot hupstoot vir Namibië se landbousektor, met die hoop dat dit die land se gewaswaardeketting kan versterk. Namibië voer steeds byna die helfte van sy groentebehoeftes in, terwyl stygende kunsmis- en brandstofkoste…
22 May 5AM 1 min

SA moet betrekkinge met VSA verbeter - Meyer

Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê hy is vriendelik by die Withuis ontvang en sien uit daarna om die land te verteenwoordig. Hy het gister sy geloofsbriewe aan president Donald Trump van Amerika oorhandig. Hy vervang Ebrahim Rasool na meer as ʼn jaar van spanning tussen Pretoria en…
22 May 5AM 1 min

Khomas Rate Payers en Whk vergader

Vyf verteenwoordigers van die Khomas Rate Payers Association sal op 9 Junie direk met Stad Windhoek praat by 'n raadsvergadering. Op die agenda is onder meer die Elektrisiteitsbeheerraad en die Stad se uitsprake oor RedForce, die ouditverslag van die faktuurstelsel, die sokkerstadion in Katutura, skuldafskrywing en ander kwessies wat belastingbetalers…
22 May 4AM 1 min

Nog 'n paar prosesse voor ampsklagkomitee se werksaamhede kan begin

Die parlementêre subkomitee vir die Hersiening van Vergaderingreëls se regspan sê ʼn paar prosesse moet plaasvind voor die ampsklagkomitee se 31 lede kan begin werk. Die subkomitee sal die operasionele pad vir die komitee uitstippel. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement het ongrondwetlik opgetree toe hy teen ʼn ampsklag-ondersoek…
22 May 4AM 1 min

SA se kleinhandel styg effe in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Maart met 2,6-persent op 'n jaargrondslag gestyg. Die groei is hoofsaaklik gedryf deur algemene handelaars en ander kleinhandelaars, terwyl tekstiel, klere en skoeisel ook sterk winste oor die eerste kwartaal getoon het. Kleinhandelaars in gespesialiseerde voedsel, drank en tabak het egter 'n afname aangeteken…
22 May 3AM 1 min

EIA het kommer oor verslapping van oliesanksies teen Rusland

Die uitvoerende direkteur van die Internasionale Energie-agentskap, Fatih Birol, het sy kommer uitgespreek oor die verslapping van Russiese oliesanksies deur die EU en Britse regerings. Hy sê aan Sky News daar was oor die algemeen te veel staatgemaak op Russiese energiebronne.
22 May 3AM 1 min

Kaapstad sluit 136 skrootmetaal-handelaars

Die Stad Kaapstad se metaaldiefstal-eenheid het 136 skroothandelaars wat nie voldoen nie of onwettig is, gesluit as deel van pogings om kabel- en metaaldiefstal te bekamp. Sedert Julie verlede jaar het die eenheid 88 arrestasies gemaak, gesteelde kabels en metaal teruggevind, en duisende patrollies en inspeksies uitgevoer. Die Burgemeesterskomiteelid vir…
22 May 2AM 1 min

Ondersteuning vir kleinsake moet by informele sektor begin

Kenners meen Namibië se gemengde uitkoms op die StartupBlink Global Startup Ecosystem-indeks bevestig die realiteit wat klein besighede in die land ervaar. Ons het op die internasionale en Afrika indekse geval en ons posisie in die SAOG-streek behou. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME's Compete gepraat wat…
22 May 2AM 1 min

Mbeki waarsku teen xenofobie

Oudpresident Thabo Mbeki het die toenemende teen-migrante-sentiment in Suid-Afrika veroordeel. Dit is te midde van wydverspreide optogte teen ongedokumenteerde migrante. Suid-Afrika is die tuiste van na raming 3 miljoen migrante. Die regering hersien tans sy immigrasiebeleid om migrasiedruk beter te bestuur en grensbeheer te versterk. Mbeki het gister tydens 'n…
22 May 1AM 1 min

Boko doen beroep vir beter samewerking in Afrika

Botswana se president, Duma Boko, sê Afrika-lande moet hul samewerking versterk om bestand te wees teen internasionale, ekonomiese en geopolitieke uitdagings. Hy het op die Suid-Afrika-Botswana-bi-nasionale kommissie se beraad gefokus op die stygende lewenskoste, energie-onsekerheid en klimaatsverandering. Boko het Afrikalande aangemoedig om te belê in vernuwing en kennisontwikkeling om inklusiewe…
22 May 1AM 1 min

Dinge lyk bedroef vir komende reënseisoen

'n Super El Niño het beduidend begin ontwikkel en dreig om Namibië weer in 'n droë seisoen te dompel. Erge droogte kan in die volgende reënseisoen verwag word. AMT het dit so uiteengesit saam met weerkenner, Johan van den Berg. Sou die stelsel ten volle ontwikkel sal die reën teen…
22 May 1AM 1 min

Savanna Beef vorder goed

Savanna Beef Processors het in April vanjaar sy Europese Unie-uitvoersertifikaat ontvang en het sedertdien ontbeende, verkoelde of bevrore beesvleissnitte na verskeie Europe lande uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard gepraat oor wat hulle planne nou is.
22 May 12AM 1 min

Agoa-verlenging: Namibië moet steeds nuwe markte soek

Amerikaanse president Donald Trump het Agoa, of die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede, tot Desember verleng. Namibië is een van die begunstigde Afrika-lande onder die wet, wat belastingvrye handelsvoorregte bied vir uitvoere na Amerika. Daar was al voorheen spanning oor Agoa omdat Trump gedreig het om dit op te hef…
22 May 12AM 1 min

Afrika moet ook datasentrums bou

In die buurland het Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, tydens 'n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums in Afrika, omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard Namibiese dollar in 2024 tot 115-miljard dollar in 2030…
21 May 11PM 1 min

Kommer oor VSA inval in Kuba na vliegdekskip aankom

Internasionaal en kommer oor Amerikaanse militêre optrede in Kuba neem toe na die aankoms van die vliegdekskip USS Nimitz en sy groep aanvalskepe Woensdag in die Karibiese See. Washington het dieselfde dag verskeie klagte, insluitend vier van moord, teen voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander gebring. President Trump…
21 May 11PM 1 min

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min
760 – 780