Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
380 – 400

Motorfietsren: Derde Enduro-been vandag op Omaruru

Die derde been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe vind vandag op Omaruru plaas met sowat 47 jaers wat sake gaan uitspook. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het met Quinton van Rooyen, die huidige voorloper in die kampioenskap, gepraat:
6 Jun 4AM 1 min

Boere moet reagens-sake in orde kry

Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad herinner uitvoerders dat uitvoerpermitte geblokkeer sal word vir alle veeboere en -uitvoerders wat reagens-toetsstelselgelde skuld. Geen uitvoerpermitte sal uitgereik word totdat alle uitstaande bedrae ten volle betaal en geverifieer is nie. Reagenstoetsing is 'n kritieke stap in die uitvoerproses wat verseker dat vee vry is van…
6 Jun 4AM 1 min

Lenacapavir draaipunt vir MIV/vigs in SA, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die bekendstelling van Lenacapavir beskryf as 'n vername draaipunt in Suid-Afrika se stryd teen MIV/Vigs. Hy het tydens die geleentheid in Secunda, Mpumalanga, gesê die deurbraak verteenwoordig 'n oorwinning vir die wetenskap met hoop en vernuwing om lewens te red. Ramaphosa het die minister van gesondheid,…
6 Jun 2AM 1 min

Gesondheidswerkers glo volgende week betaal

Ná maande van vertraagde oortydbetalings, is gesondheidswerkers in die Otjozondjupa-streek verseker dat hul uitstaande betalings volgende week verwerk sal word. Die versekering volg op groeiende frustrasie onder personeel, veral by die Okahandja-staatshospitaal, waar werknemers hul kommer in die openbaar uitgespreek het. Gemeenskapsaktivis Johannes |Gaseb, wat die betrokke werkers verteenwoordig, het…
6 Jun 2AM 1 min

SA kabinet keur R95m vir Ebola goed

Die kabinet het Suid-Afrika se belofte van ongeveer 95 miljoen rand goedgekeur om 'n reaksieplan dwarsoor die vasteland te ondersteun. Dit volg na die Ebola-uitbreking in dele van die DRK en Uganda. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die fondse sal bydra tot voorbereidings-…
6 Jun 2AM 1 min

Copps 94.1: Wetsbewakers help Windhoekers warm hou

Copps 94.1 het Vrydagaand, saam met lede van die regsbank, het Vrydagaand na die minderbevoorregtes in die hoofstad uitgereik en gesorg vir iets warm met Junie wat Windhoek stewig in ‘n koue greep het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was daar en vertel meer:
6 Jun 12AM 1 min

Gure weer in KZN, swaar sneeu sluit Sani-pas

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal sê gure weer beïnvloed verskeie dele van die provinsie, met swaar sneeu wat gelei het tot die sluiting van die Sani-pas. Reisigers wat op pad is na Lesotho word aangeraai om hul reise uit te stel totdat toestande verbeter. Senzelwe…
5 Jun 11AM 1 min

Byna 600 omgewingsaktiviste in drie jaar vermoor

Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, vra op Wêreldomgewingsdag meer beskerming vir omgewings- en grondbeskermers. Byna 600 van hierdie aktiviste is die afgelope drie jaar wêreldwyd vermoor of het spoorloos verdwyn, terwyl baie ander in minstens 55 lande aangehou is. Türk sê dis skokkend dat mense wat…
5 Jun 11AM 1 min

NamPol kry 670 nuwe beamptes by

Die Namibiese Polisiemag het sy geledere versterk met die graduering van 670 nuwe beamptes, terwyl die land sy stryd teen georganiseerde misdaad, kubermisdaad, mensehandel, veediefstal, geslagsgebaseerde geweld en ander bedreigings vir openbare veiligheid versterk. Waarnemende Inspekteur-generaal, Generaal-Majoor Anne-Marie Nainda, het tydens die gradueringsplegtigheid gesê dat belegging in polisiekapasiteit van kritieke…
5 Jun 10AM 1 min

Brandstofvereniging maak stem dik by Nasan Energies

Die Brandstof- en Franchisevereniging van Namibië het 'n dringende versoek aan brandstofverskaffer Nasan Energies gerig, waarin hulle onmiddellike bevestiging van brandstofvoorsiening en kredietreëlings versoek, sowel as die aflewering van voorafbetaalde brandstofbestellings of terugbetalings aan geaffekteerde kleinhandelaars. Die vereniging sê dat hy namens kleinhandelaars optree wat sê dat hulle vooraf betaal…
5 Jun 10AM 1 min

Betoging lig Nsfaf-probleme uit

Studente en leerlinge het vandag by Regeringspark in Windhoek betoog teen Nsfaf se laat betaling van nie-onderrigtoelaes. Die betoging, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die uitdagings beklemtoon wat baie begunstigdes in die gesig staar om noodsaaklike uitgawes soos verblyf, vervoer, kos en ander studieverwante koste te dek…
5 Jun 10AM 1 min

VSA stel nog sanksies in teen Kuba-president, ander

Die Amerikaanse Departement van Finansies het nuwe ekonomiese sanksies teen die Kubaanse president, Miguel Diaz-Canel, sy vrou en stiefseun ingestel. Dit sluit ook in die seun van oudpresident Raúl Castro, Alejandro Castro Espín, die minister van die Revolusionêre Weermag en ander eenhede. Amerika het verlede maand sanksies ingestel teen elf…
5 Jun 9AM 1 min

Digitale tegnologieë 'kan ekonomie hupstoot gee'

Namibië se aflandige olie-ontdekkings lok nie net internasionale beleggings nie, maar skep ook geleenthede vir ekonomiese transformasie. Met maatskappye soos TotalEnergies, Shell en Qatar Energy wat hul teenwoordigheid in die land uitbrei, beklemtoon kenners dat die aanvaarding van digitale tegnologieë van kritieke belang sal wees om doeltreffende, volhoubare en globaal-mededingende…
5 Jun 9AM 1 min

Reuse-stryd wag op Bulls teen Glasgow Warriors

Die Vodacom Bulls kom môremiddag om half-vier teen die Glasgow Warriors op die Murrayfield-stadion in Edinburg te staan in hul Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, sy mening oor die wedstryd uitgespreek:
5 Jun 8AM 1 min

Nuwe neonatale eenheid in Swakopmund open deure

Moeders van vroeggebore en kritiek siek pasgebore babas in die Erongo-streek sal nie meer na Windhoek hoef te reis vir gespesialiseerde behandeling nie. Dit kom nadat 'n moderne neonatale eenheid van 26,6 miljoen Namibiese dollar vanoggend amptelik in Swakopmund geopen is. Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses sê die nuwe fasiliteit met 28…
5 Jun 8AM 1 min

Griekwastad-moordenaar terug agter tralies

Die Hersieningsraad vir Korrektiewe Toesig en Parool het die parool van die berugte Griekwastad-moordenaar teruggetrek. Hy is in 2012 skuldig bevind aan moord op sy ma, pa en jonger suster in hul plaashuis in Griekwastad in die Noord-Kaap. Hy is in Augustus 2014 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Sy parool…
5 Jun 8AM 1 min

Suid-Afrikaners moet hulle aan Grondwet verbind

Die adjunk-justisieminister in die buurland, Andries Nel, het die Grondwet as beide 'n viering van Suid-Afrika se demokratiese prestasies en wekroep tot aksie beskryf. Hy het 'n gesamentlike sitting van die Parlement toegespreek om die 30ste herdenking van die aanneming van die Grondwet te herdenk. Nel het Suid-Afrikaners aangemoedig om…
5 Jun 7AM 1 min

Kanada spreek dwangarbeid aan

Die Kanadese premier, Mark Carney, sê sy Liberale regering gaan binnekort wetgewing instel oor dwangarbeid in voorsieningskettings. Amerika het nuwe tariewe van 10- tot 12,5-persent voorgestel vir meer as 60 lande wat hy sê nie aandag gee aan die invoer van goedere wat met dwangarbeid vervaardig is nie. Die Amerikaanse…
5 Jun 7AM 1 min

Reg om te staak dalk internasionaal maar dit word plaaslik geïmplementeer

Arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê die Internasionale Regshof se baanbrekersuitspraak wat die reg om te staak bevestig, is 'n groot oorwinning vir werkers wêreldwyd. Hy waarsku egter dat dit sleutelvrae oor hoe daardie reg geïmplementeer moet word, aan individuele lande oorlaat. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se arbeidswette…
5 Jun 6AM 1 min
380 – 400