Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
340 – 360

Bok-hulpafrigter Brown gaan na Kiwis ná Wêreldbeker-toernooi

Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown het 'n tweejaarkontrak vanaf 2028 gesluit met Nieu-Seeland, vir wie hy tussen 1999 en 2001 18 toetse gespeel het. Sy kontrak met die Bokke eindig na volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Australië. Dave Rennie en die res van sy All Blacks-afrigtingspan is tans net tot…
8 Jun 9AM 1 min

Praat oor julle behoeftes by groenwaterstof-sessies: Gertze

Die //Kharas-streek posisioneer homself aan die voorpunt van Namibië se groenwaterstof-toekoms, met goewerneur Dawid Gertze wat gemeenskappe versoek om te verseker dat hul ontwikkelingsbehoeftes gehoor word. Gertze het vanoggend tydens 'n belanghebbersessie van die Industry Decarbonisation Programme in Lüderitz gesê dat 90 studente van //Kharas en Hardap reeds beroepsopleiding ontvang…
8 Jun 8AM 1 min

Cyril kondig immigrasie-hervormings aan

President Cyril Ramaphosa het hervormings aangekondig om die integriteit, doeltreffendheid en sekuriteit van Suid-Afrika se immigrasiestelsel te verbeter. Dit volg nadat die Kabinet verlede week ʼn Omvattende Benadering vir Migrasiebestuur aanvaar het. Ramaphosa het die land gisteraand toegespreek en gesê die regering wil ʼn Suid-Afrika hê waar elke mens wat…
8 Jun 8AM 1 min

Kaapstad rol slim-toep vir buurtwagte uit

Die Stad Kaapstad sê hy beplan in die komende weke verdere massa-opleidingsessies om die bekendstelling van sy slim-toepassing vir buurtwagte uit te brei en soveel moontlik gebruikers te bereik. Daar is tot op hede 270 groepe wat aangesluit het deur gestruktureerde opleidingsessies, wat byna 1 400 individue verteenwoordig. Die burgemeesterskomiteelid…
8 Jun 6AM 1 min

Starmer rig waarskuwing aan sosiale media maatskappye

In ‘n poging om die aanlynwêreld veiliger vir jongmense te maak, het die Britse premier, Sir Keir Starmer ‘n beroep op die betrokke maatskappye gedoen om toestelbeheer-maatreëls in te stel, veral met seksuele beelde. Hy het vanoggend by die Londen Tegnologie-week gepraat.
8 Jun 6AM 1 min

ECB se kletsbot op webtuiste is daar om te help

Die Elektrisiteitsbeheerraad het amptelik sy nuwe interaktiewe kletsbot bekendgestel om openbare toegang tot inligting rakende die land se elektrisiteitsektor te verbeter. Die woordvoerder van die reguleerder, Nelson Ashipala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die kletsbot, wat op hul webwerf beskikbaar is, ook die nuutste goedgekeurde elektrisiteitstariewe vir Namibiese…
8 Jun 6AM 1 min

Olieprys: Geen rede tot paniek nie

Globale oliemarkte ondervind toenemende druk namate ontwrigtings in tenkerverkeer deur die Straat van Hormuz steeds voorraadlewering belemmer, wat vrese vir 'n skerp styging in brandstofpryse en wyer ekonomiese gevolge laat ontstaan. Bedryfsleiers waarsku dat ru-olie binne weke tot soveel as 160 Amerikaanse dollar per vat kan styg as die situasie…
8 Jun 6AM 1 min

Cran heroorweeg Starlink na 624 aansoeke daarvoor

Openbare druk neem toe dat die regering sy besluit om Starlink se lisensie-aansoek te verwerp, moet heroorweeg. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê dat hy 624 versoeke van lede van die publiek en ander belanghebbendes ontvang het wat 'n hersiening van die besluit versoek. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê alle aansoeke om…
8 Jun 6AM 1 min

MUN se belggings presteer, dividende aan lede uitbetaal

Die Mynwerkersunie van Namibië vier die groei van sy beleggingsportefeulje tot meer as 900 miljoen Namibiese dollar, en sê dat die mylpaal tasbare voordele vir sy lede lewer. Die vakbond se bates word bestuur deur die Namibia Mineworkers Trust, Namitvest, en die Namibia Mineworkers Investment Holding Company, Nammic. Sekretaris-generaal George…
8 Jun 5AM 1 min

SA het nasionale krisis met kinderswangerskappe

Die DA sê hy bly diep bekommerd dat die nasionale krisis van kinderswangerskappe en statutêre verkragting nie deur die regte persone in die regering aangespreek word nie. Angel Khanyile van die party sê statistiek wat die afgelope week in die Parlement voorgelê is, toon dat 1 900 sake van statutêre…
8 Jun 5AM 1 min

Onwettige migrasie moet beheer word - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê onwettige migrasie, indien dit nie beheer word nie, hou 'n risiko in vir Suid-Afrika se veiligheid, bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Hy het gister die nasie toegespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in protesoptogte teen buitelandse burgers. Ramaphosa sê die…
8 Jun 3AM 1 min

Poston vat die Gedenktoernooi

Die Amerikaner J.T. Poston het sy landgenoot, Ryan Gerard, in ʼn uitspeelronde verslaan om die Gedenktoernooi in Ohio te wen. Dis die grootste oorwinning van sy loopbaan. Hy het op die tweede uitspeelputjie gewen nadat Gerard met ʼn bepalende sethou misluk het. Nog ʼn Amerikaner, Wyndham Clark, is een hou…
8 Jun 3AM 1 min

Kommer oor SA jeug se apatie

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging vra jong Suid-Afrikaners om Jeugmaand as 'n oomblik van aksie te gebruik en te registreer om in November in die komende plaaslike verkiesing te kan stem. Die voorsitter van SALGA se Jeugkommissie, Lucky Sele, sê hulle mobiliseer jongmense om aan die verkiesing deel te neem. Dit…
8 Jun 3AM 1 min

Eienaarskap van elektriese voertuie brei uit

Electric Vehicles Namibia verwelkom die regering se besluit om die ontwikkeling van 'n landwye laainetwerk vir elektriese voertuie te ondersoek, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die rigting van die uitbreiding van die aanvaarding van elektriese voertuie in die land. Dit volg op die bekendstelling van 'n proeflaaistasie…
8 Jun 3AM 1 min

DBV sê winteraannemings daal

Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging sê winteraannemings daal met gemiddeld 14-persent met al hoe minder mense wat in die winter diere aanneem. Woordvoerder Belinda Abraham sê dis oor die afgelope drie jaar die gewone patroon. Junie, Julie en Augustus is die laagste aannemingsmaande, met die meeste in November, Desember…
8 Jun 2AM 1 min

'Ongeskikte' brief was tweede hersiening, sê Zelensky

Die Financial Times het berig dat Roman Abramovich einde verlede maand stilweg na Kiëf gereis het. Abramovich, die voormalige eienaar van Chelsea FC wat sedert 2022 as 'n nie-amptelike agterkanaalbemiddelaar optree, het direk met president Volodymyr Zelensky vergader. Zelensky het Abramovich gevra om 'n privaat boodskap direk aan Putin oor…
8 Jun 2AM 1 min

Kimi vat sy vyfde titel

Die 19-jarige Mercedes-jaer Kimi Antonelli het weereens oorheers by 'n chaotiese Monaco Grand Prix, en sy vyfde agtereenvolgende oorwinning hierdie seisoen behaal. Lewis Hamilton van Ferrari was tweede met Red Bull se Isack Hadjar van RedBull in die laaste plek op die podium. Antonelli is nou 66 punte voor Hamilton…
8 Jun 1AM 1 min
340 – 360