Die ministerie van binnelandse sake het sedert 2020 altesaam 21 amptenare afgedank weens die onwettige uitreiking van nasionale dokumente en permitte. Volgens minister Lucia Iipumbu is verskeie skuiwergate met die uitreiking van geboortesertifikate gevind en maatreëls is in werking gestel om die stelsel te versterk. Iipumbu het in die parlement…
Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange…
Die Activists and Citizens Forum het 'n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem…
‘n Biomassa- en boskos-projek word naby Otjiwarongo beplan. Dié projek van die Global Accelerator Joint Programme, gerugsteun deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, is veral gemik op werkskepping vir die jeug. Dit wil weerlose en gemarginaliseerde groepe bemagtig, en volhoubare ekonomiese groei bevorder. Die UNDP se omgewings- en maatskaplike beskermingskenner,…
Die landbouministerie het Vrydag amptelik die tweede fase van die Ondersteuning vir Operasionalisering van die SAOG-streeklandboubeleid, of STOSAR II, in Windhoek bekendgestel. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se bydrae tot streekvoedselsekuriteit, mededingendheid en landbouvolhoubaarheid binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te versterk. Alfred Sikopo van die landbouministerie het meer.
AfriForum het stappe gedoen om 'n misleidende Google Maps-inskrywing reg te stel wat die Krugerwildtuin as die Skukuza Nasionale Park beskryf. Die organisasie sê slegs die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die regsgesag om nasionale parke te hernoem, en geen sodanige verandering is in die Staatskoerant gepubliseer…
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement gesê ondanks begrotingsbeperkings maak die ministerie seker dat elke polisiestasie ten minste een kragopwekker het. Sy het gereageer op die Swapo-LP Martha Itope, wat gereelde kragonderbrekings by die Aussenkehr- en Karasburg-polisiestasies uitgelig het, en gevra het dat bystand-kragopwekkers by alle polisiestasies geïnstalleer…
Inligtingminister Emma Theofelus het die Nasionale Vergadering ingelig dat Telecom Namibia begin het om die meeste van sy oudste en oorwerkte toerusting op te knap om netwerkdiens te verbeter. Sy het gereageer op die PDM-parlementslid Diederik Vries, wat kommer uitgespreek het oor konstante diensonderbrekings en lae internetspoed. Sy sê dat…
Statistieke Suid-Afrika sê die aantal siviele dagvaardings vir skuld het met 7,4-persent in die drie maande tot Augustus gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse het met 8,7-persent gedaal teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar. Onica Mushwana van Statistieke SA sê die data toon dat minder skuldsake verwerk…
Reën word plek-plek oor die naweek verwag, so moet nog nie die sambrele wegpak nie. Donderstorms word voorspel in die Khomas, Omaheke, Kunene en Otjozondjupa-streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die weervoorspelling vir die naweek gee.
Amerikaanse president Donald Trump en sy Oekraïnse eweknie Volodymyr Zelensky is verdeeld oor die toekoms van die oorlog in Oekraïne na hul derde vergadering van etlike ure Vrydag by die Withuis. Trump het dit duidelik gestel dat hy nie nou die Tomahawk-missiele sou verskaf wat Zelensky gesoek het nie. Kort…
'n Gewapende rooftog het die Copps 94.1-span in Windhoek besig gehou Vrydagaand, asook 'n mediese geval en meer. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was soos gewoonlik aan diens saam met die Namibiese polisie en doen verslag:
Die Aranos-dorpsraad het, deur middel van sy Burgemeester Finansiëlebystandsinisiatief, onderneem om ondersteuning aan plaaslike skole te bied om onderwys te versterk, leerders te bemagtig en groter geleenthede vir die toekoms te skep deur meer in die dorp se onderwysinstellings te belê. Die raad het 5 000 Namibiese dollar aan ses…
Kenia se president, William Ruto, het hulde gebring aan voormalige premier Raila Odinga en hom 'n sagmoedige siel en die stem van rede genoem. Duisende rouklaers het by die Nyayo Nasionale Stadion in Nairobi bymekaargekom vir Odinga se staatsbegrafnis, gekenmerk deur militêre eerbewyse en streng sekerheidsmaatreëls nadat drie mense dood…
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund buite Otjiwarongo is tydens die kongres van die Wêreldbewaringsorganisasie met die Kaliforniese Orde van die Kondor-toekenning vereer vir haar lewenslange bydrae tot die bewaring van jagluiperds. Marker het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die kernwerk van die fonds is…
Die enjins gaan weer brul by die agtste en laaste been van die nasionale veldfietsrenne wat môre by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaasvind. Aangesien baie van die veldfietsjaers skoolkinders is en eksamens aan die gang is, word nie baie inskrywings verwag nie. Francois Lottering van Motor Media…
In die nasleep van wydverspreide betogings en 'n militêre staatsgreep in Madagaskar, het Kosmos 94.1 Nuus met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gesels. Hy voer aan dat wat nou gesien word, die bitter vrugte is van jare se verwaarlosing, mislukte beloftes en ekonomiese wanhoop. Hy kritiseer ook streekliggame soos die SAOG…
Privaatsektor kredietverlening syfers vir Augustus is bekend. Dit het effens gestyg tot 5,8 persent op 'n jaargrondslag, vergeleke met 5,7 persent in Julie. Korporatiewe krediet het tot 10,3 persent op 'n jaargrondslag gestyg van 10,1 persent in Julie, wat deurlopende besigheidsbeleggings en bedryfsfinansieringsbehoeftes weerspieël. Huishoudelike krediet het effens gestyg tot…
17 Oct 2025 9AM
1 min
2840 – 2860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.