Agri-Uur; 22 Februarie: Rooivleispryse stabiel

Loading player...
Rooivleispryse het in die nuwe jaar stabiel gebly en is bykans nie beïnvloed nie. Gielie Niewoudt, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, sê die onlangse reënval het 'n gunstige impak op die rooivleisbedryf gehad. Hy sê verder dat die prys van rooivleis vir die produsent stabiel en bekostigbaar was en dat dit steeds 'n hoë proteïenbron vir verbruiker is. Niewoudt voeg by dat die uitvoer van groot hoeveelhede rooivleis die bekostigbaarheid van vleispryse vir Suid-Afrikaners positief beïnvloed het.
22 Feb 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Grey Kollege in Bloemfontein, het 'n nuwe Agri sentrum geopen!

Grey Kollege in Bloemfontein het 'n nuwe Agri sentrum geopen, wat die skool 'n belangrike rolspeler in die opleiding van die jeug - in landbou, maak. Isabel van Tonder gesels met Jan-Harm Greyling, Voorsitter van die beheerraad, oor die opwindende en waardevolle toevoeging van die skool.
20 Oct 11PM 8 min