Mpumalanga se skade nader 1-miljard-merk na vloede

Loading player...
Die skade wat die afgelope drie weke deur swaar reen en oorstromings veroorsaak is, word steeds beraam, maar volgens Mpumalanga-rampbestuur kan dit aanvaar word dat dit naby R1 miljard sal kom.
'n Totaal van 10 verdrinkings is nou bevestig, en twee mense word steeds vermis, maar word as dood aangeneem.
Damvlakke lyk ook goed, met vloeivolumes wat 'n bietjie afgeneem het van verlede week.
Mense moet veral rondom Driekoppies-, Vygeboom-, Nooitgedacht- en Loskop-dam versigtig wees.
Jacques Benade voer aan dat die skade na tropiese storm Eloise die afgelope week vererger is aan padinfrastruktuur, huise en skole.
Die R541 tussen Badplaas en Machadodorp is heeltemal toe.
16 Feb 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min