Mpumalanga meld gladde begin aan skooljaar aan

Loading player...
Die eerste skooldag het vandag glad verloop in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, was op besoek aan skole in die Mkhulu-area.
Hy voer aan dat die addisionele twee weke hul genoeg tyd gegee het om voor te berei in terme van noodsaaklikhede om die koronavirus te beveg. 99 onderwysers is in die provinsie weens die virus dood.
In Mpumalanga moet sowat duisend-150 leerlinge steeds geplaas word.
Majuba voeg by dat water-en-sanitasie-uitdagings by skole 'n prioriteit is, maar eers teen volgende jaar uitgesorteer sal wees.
15 Feb 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min