Herstel van huise, paaie Mpumalanga se topprioriteit

Loading player...
Die provinsiale regering het aangedui hulle sal hul begroting aanpas om die slagoffers van oorstromings die afgelope weke te help.
Die departement van samewerkende regering het ‘n voorlegging aan die nasionale regering gedoen om ‘n ramp te verklaar.
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die herstel van huise en paaie is egter dringend en hulle sal self fondse daarvoor moet bewillig.
Agt mense is dood weens die vloede en daar word steeds na 5 gesoek.
9 Feb 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min