Mpumalanga-polisie soek inligting na skietry naby Middelburg

Loading player...
Die polisie is op soek na ‘n man wat hulle glo kan help in die ondersoek na ‘n skietery gister.
Vier mense is vroeg Sondagoggend in Mhluzi naby Middelburg geskiet.
Sipho Samuel Magagula, is op die toneel dood. Die drie ander slagoffers is tans in die hospitaal.
Dit sluit in ‘n vroulike polisiesersant wat nie op diens was ten tyde van die voorval nie.
Brigadier Leonard Hlathi sê die polisie is op soek na Bongani Willken Mkhomazi, wat hulle glo hulle kan help in die ondersoek.
Enigiemand met inligting is gevra om speursersant Trinity Masemola te kontak by 083-246-3552.
1 Feb 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min