Voortvlugtige rower met Bossies Community Justice se hulp aangekeer

Loading player...
‘n Voortvlugtige rower is die week deur die Valke en Bossies Community Justice aangekeer.
Sipho Casta Motha word reeds sedert Mei 2015 deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek.
Hy het homself glo as ‘n vragmotorhandelaar voorgedoen, en ‘n slagoffer van 150-duisend-Rand beroof.
Hy is Dinsdag in Barberton in hegtenis geneem en het gister in die plaaslike hof verskyn. Hy sal op 2 Februarie in Khayelitsha verskyn waar die saak sal voortgaan.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice verduidelik:
28 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min