Vyf-jarige verdrink in Masoyi

Loading player...
‘n Vyfjarige dogtertjie is die naweek dood toe sy deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is.
Volgens George Mthethwa, woordvoerder van Mpumalanga se departement van samewerkende regering, is sy die enigste bevestigde sterfte weens oorstromings wat deur tropiese storm Eloise veroorsaak is.
Veertien huise in Calcutta is erg beskadig deur die storm, en 9 mense is beseer.
Verskeie gesinne van Mkhuhlu buite Hazyview moes ook van tydelike behuising voorsien word, na hul huise erg beskadig is.
25 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min