Sluit by Mediclinic aan as vrywilliger

Loading player...
Mediclinic het mense genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan.
Dokter Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, sê hul personeel het ondersteuning nodig met die dat hospitale so besig is.
Mense met en sonder ‘n mediese agtergrond kan op hul webtuiste aansoek doen om deel te word van die groep se formele program.
Almal sal die nodige opleiding ontvang.
Volgens Coustas waardeer hulle ook hoe gemeenskappe uit hul eie die personeel ondersteun.
By Nelspruit Mediclinic help Lifeline onder meer om vir personeel berading te gee.
22 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min