Min dae oor vir vuurwapen-amnestie

Loading player...
Vuurwapeneienaars het nog net 11 dae om onwettige vuurwapens by die polisie in te handig.
Die amnestie-tydperk eindig om middernag op 31 Januarie.
Enige vuurwapen waarvan die lisensie verval het, is onwettig, en daarom moet die wapens tydelik ingegee word.
Eienaars sal hul wapens egter terugkry sodra hul nuwe lisensies goedgekeur is.
Dit verg bloot ‘n bietjie papierwerk, sê die polisie se kolonel Hugo van Rooyen.
Hy verduidelik dat dit ‘n doodeenvoudige proses is.
20 Jan 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min