Bevestiging van vermiste veldwagter sloer hopelik nie maande

Loading player...
SANParke hoop om nie ses maande hoef te wag vir bevestiging of die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, se oorskot wel gevind is nie.
Dit was gister ‘n maand sedert wat na vermoede sy oorskot kan wees, in die Krugerwildtuin gevind is.
Hy het op 17 November in die Stolsnek-area vermis geraak.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê die polisie het hul onderneming gegee om die DNS-toetse so spoedig moontlik af te handel, omdat Mashego se familie en kollegas afsluiting benodig.
18 Jan 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min