Covid-gevalle skerp styg in Mpumalanga

Loading player...
Die provinsiale gesondheidsdepartement voer aan dat korona-gevalle in Mpumalanga skerp styg.
Daar is meer as duisend gevalle in een dag aangeteken, en in die afgelope week alleen meer as 4-duisend.
'n Addisionele agt mense is ook in die 24-uur dood.
Woordvoerder vir die departement, Dumisani Malamule, sê die toename is deels te wyte aan die feesseisoen, toe mense minder versigting was en die virus opgedoen het.
Hy kon nie spesifieke syfers van hospitalisasie deel nie, maar voeg by dat hulle ‘n baie groot, kommerwekkende toename in mense sien wat siek word.
7 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min