Tieners wat hulself as polisiebeamptes voordoen, vandag in die hof

Loading player...
Drie 17-jariges verskyn vandag saam met ‘n 18-jarige in die hof, nadat hulle glo op 29 Desember drie huise in Witbank beroof het.
Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli, het hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen.
Hulle het mense by twee huise in Lynnville beroof, en by ‘n derde huis ingebreek.
Nog drie mans sal in die Sabie-hof verskyn, nadat hulle Saterdag glo ‘n gesin aangehou en beroof het.
Een verdagte is in ‘n skietery met polisie gewond.
4 Jan 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min