Help jou bure in nood hierdie Kersfees

Loading player...
Organisasies wat mense in nood in Mbombela help, sê die vraag in die gemeenskap bly groot weens die Covid-19-pandemie.
Thea Rix van Ons gee om Nelspruit het ‘n beroep gedoen op inwoners om minder bevoorregtes hierdie feestyd te help.
Sy sê die vraag is aansienlik groter hierdie jaar. Wat anders is, is mense bly stil daaroor.
Mense het ook nie net kos nodig nie, maar ook huisware, insluitende potte, beddens en yskaste.
Kos is egter voorop: nie-bederfbare sowel as bederfbare kos. “Ons deel dit so vinnig uit, mense kan vars kos ook skenk,” sê sy.
23 Dec 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min