Man skuldig bevind aan vyf moorde in Mpumalanga

Loading player...
Teboho Thokoane is Dinsdag deur die Mpumalanga-hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind aan vyf moorde.
Hy en drie ander mans het ses mense op 12 Oktober 2017 op ‘n plaas in Ogies geskiet. Een het oorleef.
Die ander verdagtes is intussen dood.
Thokoane, ‘n Lesotho-burger, is ook skuldig bevind aan poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Hy sal op 8 Februarie gevonnis word.
Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was die moorde uit wraak vir 'n beweerde groepsgeweld voorval waarin een van Thokoane se vriende dood is.
17 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min