Pumas gereed vir WP op Nuweland

Loading player...
Die Phakisa Pumas is reg om die DHL WP vanaand in Kaapstad te pak.
Harte is gebreek tydens hul Super Rugby Unlocked-kragmeting toe die Stormers in die laaste minute die wedstryd gewen het.
Pieter Jansen van Vuren is terug as die pienk truie se kaptein.
Die 18-jarige Tiaan Botes maak sy debuut op losskakel. Devon Williams wat die laaste twee wedstryde die nommer 10-trui gedra het, begin op die reserwebank.
Japie Kleinhans maak ook sy Curriebeker-debuut.
Afrigter Jimmy Stonehouse verduidelik die skuif op losskakel.
11 Dec 2020 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min