Kansa-debutante vir 2020 aangekondig

Loading player...
Kansa Laeveld se debutante vir 2020 het hulle nie deur die Covid-19-pandemie laat afskrik nie.
Vanjaar se debutante kon honderd-41-Rand vir dié welsyns-organisasie insamel.
Die wenner was Gerhard Oosthuizen, ‘n leerling van Hoërskool Nelspruit, wat alleen 19-duisend-Rand ingesamel het.
Die jaarlikse debutante-bal is wel aansienlik afgeskaal met ‘n veel kleiner geleentheid wat op 4 Desember gehou is om die deelnemers te bedank vir hul harde werk.
Monique Bornman, KANSA Laeveld se gemeenskapsmobiliseerder, sê die kinders het baie hard gewerk in hierdie moeilike tye.
9 Dec 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min