Pa en dogter saam in die beskuldigdebank vir bedrog

Loading player...
Thato Charmaine Philane het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die belastingwet.
Sy word aangekla saam met haar pa, Sipho Andrew Philane. Hy het op 4 Desember in dieselfde hof verskyn.
Daar word beweer dat hulle in April 2017 ‘n maatskappy geregistreer het, waardeur hulle valslik sowat 1-miljoen-Rand van die inkomstebelastingdiens geëis het.
Beide is borgtog van 5-duisend-Rand toegestaan.
Die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi:
9 Dec 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min