Msholozi eersdaags geformaliseer

Loading player...
Msholozi-informele nedersetting gaan eersdaags, na vyf jaar, geformaliseer word.
Mbombela-stadsraad is tydens ‘n onlangse raadsvergadering ingelig dat die implementering van dienste deur die departement van menslike nedersettings befonds sal word.
Formalisering sal die munisipaliteit in staat stel om inwoners vir dienste te laat betaal.
Veilige toegangspaaie moet ook gebou word vir Msholozi en Phumlani.
DA-raadslid Steve Schormann het egter sy bedenkinge uitgespreek oor die projek.
7 Dec 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min