Motoriste gewaarsku oor padveiligheid na vier vroue sterf

Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen.
Dit na vier vroue gister in ‘n ongeluk op die N4 naby Schagen dood is.
Volgens die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, het hulle teen ‘n trok gebots.
Hy sê daar word beweer dat hulle besig was om ‘n u-draai te maak ten tyde van die ongeluk, maar dit word ondersoek.
Al vier is op die toneel dood verklaar.
5 Dec 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min