Drie gewapende rowe, dubbele moord in die Laeveld binne twee dae

Loading player...
Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is.
Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur.
Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en hulle beroof en geskiet.
Sondag het twee gewapende rooftogte in Mbombela plaasgevind.
Die eerste het sowat 12:00 by Valencia plaasgevind, toe ses mans in ‘n NP300-bakkie glo ‘n Mosambiekse paartjie by hul kar probeer beroof het.
Volgens Divergent Ops se Jacques Meiring is skote afgevuur maar niemand is beseer nie.
Later die dag het drie gewapende mans in ‘n Silver Polo by I’langa Mall ‘n winkel beroof.
Volgens Hi-Tech Nelspruit se Callum MacPherson is hulle tot naby KaNyamazane gejaag, waar die verdagtes hul voertuig agtergelaat het, en gevlug het.
30 Nov 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min