Mpumalanga Rugbyinstituut bekendgestel

Loading player...
Die Mpumalanga-Rugbyunie het gisteraand die Mpumalanga Rugbyinstituut by Mbombela Stadion bekendgestel.
Dit is in samewerking met UXI Sport, wat reeds sulke institute by die WP, Cheetahs, Griekwas en Boland bedryf.
Chumani Booi, voormalige afrigter van die Cheetahs se Pro-14-span, is bevestig as die hoofafrigter by die instituut.
Thea Visagie van UXI Sport verduidelik dat dit skoolverlaters die geleentheid gee om hul sport te ontwikkel, terwyl hulle studeer.
R1 miljoen se beurse sal aan studente beskikbaar gestel word vir 2021.
19 Nov 2020 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min