Provinsie sny begroting met R1 miljard

Loading player...
Die provinsiale regering se begroting vir die res van die finansiële jaar is met een miljard-Rand gesny.
LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, het sy aangepaste begroting gister ter tafel gelê.
Daarvolgens het die regering net onder 40 persent van hul beplande inkomste gemaak in die eerste helfte van die jaar.
Sedert inperking sien net landbou nog sterk daaruit.
Aan die ander kant is daar tussen Julie en September 49-duisend werke in die provinsie geskep.
18 Nov 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min