Verdagtes gesoek na transito-roof in Mbombela

Loading player...
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle vanoggend ‘n transito-roof by The Square-sentrum in Mbombela probeer uitvoer het.
Die voorval het om ongeveer 10:30 plaasgevind.
Wahl Bartmann, die hoof van sekuriteit by Fidelity, het bevestig dat 'n wag aangeval is net nadat hy die Pick n Pay-winkel met kontant verlaat het.
Verskeie skote is afgevuur. ‘n Verbyganger is raakgeskiet.
Paramedici het bevestig dat sy verby gestap het net toe die skote begin klap. Sy was gelukkig om slegs ‘n vleiswond op te doen.
Die aanvallers het in ‘n wit Polo gevlug. Volgens bronne het die bestuuder van die Fidelity-voertuig op die Polo gevuur en die agterruit uitgeskiet.
10 Nov 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min