AfriForum se Laeveld-takke help met rampverligting

Loading player...
AfriForum in die Laeveld het die Vrystaatse boere bygestaan ná verwoestende veldbrande.
Plaaslike takke kon dié week brandstof van sowat 40 000-Rand skenk, sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word.
Verder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek reg oor die Laeveld gereël.
Volgens Chanté Kelder kon hulle landwyd, vanaf verskillende organisasies, tot dusver meer as R4 miljoen insamel.
6 Nov 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min