Krag meestal herstel na groot onderbreking in Mbombela

Loading player...
Groot dele van Mbombela het gister kragonderbrekings ervaar.
Thea Rix van die Mbombela Water and Electricity-groep, sê die West Acres-omgewing was sedert gisteroggend vir sowat 18 ure sonder elektrisiteit.
Daar word verstaan dat ‘n boukontrakteur kabels beskadig het.
Die Delta-omgewing se krag is so 7-uur gisteraand onderbreek.
Toevoer na Steiltes, Valencia en Nelsville is eers teen 4-uur vanoggend herstel.
Volgens Rix is dit tans onbekend wat hierdie onderbreking veroorsaak het.
22 Oct 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min