Toerisme herstel nog geensins nie

Loading player...
Terwyl die parlement die regering se ekonomiese herstelplan bespreek, sê plaaslike toerisme hulle het nog geen herstel gesien sedert inperking begin lig het nie.
Oupa Pilane, die voorsitter van Satsa in Mpumalanga, kritiseer reeds maande al die regering se lukrake benadering tot die regulasies.
Volgens Pilane hou hulle vol om glad nie die private sektor in hul besluite te ken nie.
Hy voer aan dat die regering in die openbaar al die regte dinge sê, maar in realiteit die toerismebedryf glad nie help nie.
21 Oct 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min