Mpumalanga vier Wêreld-onderwysersdag by Bergvlam

Loading player...
Vandag is Wêreld-onderwysersdag.
LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het die vieringe by Hoërskool Bergvlam bygewoon.
Leerlinge van Bergvlam, Hoërskool Nelspruit, Lowveld High en studente van MRTT het saam ‘n 20-meter koek gebak om onderwysers mee te bedank.
Dit sal aan spesiale skole in die provinsie geskenk word.
Majuba sê vanjaar behoort leerkragte spesiaal bedank te word, gegewe die uitdagings wat die Covid-19-pandemie aan hulle gestel het.
5 Oct 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min