Mpumalanga-swemmers terug in die water

Loading player...
Plaaslike swemmers kon weens die Covid-pandemie nie soos gewoonlik vir die seisoen voorberei nie, maar hulle is terug in die water.
Van Riebeeck Park-swembad in Mbombela het onder vlak een van inperking, heropen vir oefening en kompetisies, maar nie die algemene publiek nie.
Swemmers en klubs moet by Mpumalanga Swem en Swem Suid-Afrika geregistreer wees om permitte daarvoor te bekom.
Annelize Obermeyer, die provinsiale sekretaresse, sê hul eerste gala het goed afgeloop.
30 Sep 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min