Pediatric Care vertrek op duisend kilometer motorfietsrit

Loading player...
Pediatric Care Africa het vanoggend vanaf Witrivier op ‘n fondsinsamelings-rit vertrek.
Die groep motorfietsryers sal oor vier dae ‘n duisend kilometer aflê om geld in te samel vir operasies vir kinders in nood.
Pediatric Care-stigter, dokter André Hattingh, sê hulle het tydens inperking al hul fondse gebruik om kospakkies aan minder bevoorregte gesinne in Mpumalanga te voorsien.
Sedert inperking kon hulle ook nie operasies uitvoer nie. Hul uiteindelike mikpunt is ‘n duisend operasies vir ‘n duisend kinders.
24 Sep 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min