Strenger beurtwater vir Barberton aangekondig

Loading player...
Inwoners van Barberton het nou nog meer waterbeperkings.
Die Lomati-dam, wat die dorp van water voorsien, is tans net 18% vol.
Die gevolg is dat hulle slegs die helfte van wat hulle normaalweg sou suiwer, mag gebruik.
Alle inwoners het daarom sedert gister twee dae per week - van 08:00 tot 16:00 - beurtwater.
Raadslid Philip Minnaar verduidelik dat dit nie ‘n raadsbesluit is nie, maar deur die departement van waterwese bepaal word.
23 Sep 2020 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min