Provinsie neem lisensiefooi oor by Mbombela

Loading player...
Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het motoriste gevra om die fooie vir hul voertuig - en bestuurslisensies voortaan direk aan hulle te betaal.
Woordvoerder, Moeti Mmusi sê die departement is besig om die lisensiëring oor te neem.
Dit het reeds in Julie in werking getree, maar hulle vind mense betaal steeds Mbombela-munisipalteit direk.
Daar is wel betaalpunte in elke kantoor. Dit sluit in die lisensiekantoor in Mbombela, die Grove-sentrum, en die kantore in Hazyview, Barberton en Witrivier.
18 Sep 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min