MTPA hoop parkeweek bevorder toerisme

Loading player...
Besoekers kan tot Saterdag gratis toegang verkry tot nege van Mpumalanga-Toerisme-en-Parke-Agentskap se natuurreservate.
Nasionale Parkeweek vorm deel van Erfenismaand.
Die agentskap se Londiwe Ngwenya Sê die doel is om mense aan te moedig om plaaslik te reis.
Volgens haar het hulle sedert die verslapping van inperking, minder besoekers ontvang as verwag.
Sy skryf dit daaraan toe dat mense se geldsake knyp. Die MTPA hoop die gratis week help om hulle terug te lok na die natuur.
14 Sep 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min