Munisipale werkers blok strate in Mbombela

Loading player...
‘n Groepie werkers van Mbombela-munisipaliteit het vanoggend groot dele van die middedorp met vullis bestrooi.
Sommige paaie is ook met klippe en dromme geblok en van die rommel is aan die brand gesteek.
Daar word verstaan dat hulle ‘n grief het met hul salarisstruktuur.
Die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo, het met hulle by die burgesentrum vergader.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê hulle het saam met taxi-bestuurders en lede van die gemeenskap die klippe uit die paaie gehaal.
10 Sep 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min