Mpumalanga departementshoof op spesiale verlof geplaas

Loading player...
Die Departementshoof vir menslike nedersettings, Kebone Masange, is deur die premier op spesiale verlof geplaas.
Dit volg op sy arrestasie verlede week. Masange het Donderdag in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog ingevolge die immigrasiewet.
Volgens die Valke is hy na bewering sedert 1995 onwettig in die land. Hy kom oorspronklik van Zimbabwe.
Masange is op waarskuwing vrygelaat en sal na verwagting weer Vrydag in die hof verskyn.
Die premier se woordvoerder, Sibongile Mkani-Mpolweni, verduidelik die besluit.
8 Sep 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min