VF+ verkla Mbombela oor rou riool in Hazyview

Loading player...
Die VF+ het Mbombela-munisipaliteit by die menseregtekommissie gaan verkla oor rou riool wat glo in die Sabierivier inloop.
Dit sypel na bewering van die Hazyview-rioolplaas in by Langspruit, ‘n sytak van die rivier waaruit die dorp sy drinkwater kry.
Volgens die party se Ken Robertson, het die dam by die rioolsuiweringsaanleg verlede week oorstroom.
Toe hulle geen reaksie van senior bestuur in die munisipaliteit ontvang nie, het hulle die kommissie genader omdat dit mense se waardigheid aantas.
8 Sep 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min