Vermeende bedrieërs uit op borgtog in Komatipoort

Loading player...
Twee mense wat elk meer as 500 klagte verwant aan bedrog in die gesig staar, is Woensdag borgtog van R10 000 in die Komatipoort-landdroshof toegestaan.
Hugo Christiaan le Roux (41) en Rochelle Edith du Plessis Bekker (35) word hulle van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het hulle glo ongeveer R1,9 miljoen gesteel.
Daar word beweer dat Le Roux, ‘n bestuurder by Izusa Carriers, en Du Plessis Bekker, eienaar van HLR Contracting, tussen 2015 en 2018 saamgesweer het om vervoerdienste aan kliënte van Izusa te verskaf.
Hulle het na bewering belastingfakture aan die kliënte uitgereik met 'n hoër tarief as wat werklik verskuldig was en die verskil in hul persoonlike bankrekeninge inbetaal.
Die saak is tot 20 November uitgestel.
3 Sep 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Mahindra Nelspruit: Waarvoor gaan jy jou bakkie gebruik?

Voor jy 'n bakkie aanskaf, antwoord eers dié vraag: Waarvoor gaan jou bakkie daagliks die meeste gebruik word? Hein le Roux, die bestuurder van nuwe voertuig verkope by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
31 Jul 4AM 11 min

The Rhythm of Resilience

Lynette Nepaul penned her memoir "The Rhythm of Resilience" after surviving four different types of cancer over a decade. The book is meant to inspire, offer hope and get communities talking about cancer.
16 Jul 7AM 22 min

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min