#OFMKunsteklop - Ondersteun die Tribuo Fonds om die kunste te help oorleef

Loading player...
Die OFM Kunsteklop gesels met Pedro Kruger oor die Tribuo Fonds wat in 2020 gestig is. Die produksie van Broadway na Birdstraat het besluit om 10% van kaartjie verkope aan die fonds te skenk. Doelstelling - Om finansiële ondersteuning te bied aan kunstenaars en ander medewerkers in die kreatiewe bedryf wat tans geen, of beperkte inkomste het, as gevolg van die COVID-19 inperkings. Visie - Dat praktiserende Suid-Afrikaanse uitvoerende kunstenaars en lede van verwante bedrywe finansiële ondersteuning verkry om hulle deur die COVID-19 pandemie en die nagevolge daarvan te help. Missie - Om fondse in te samel vir die oprigting en instandhouding van ’n hulpfonds vir onafhanklike uitvoerende kunstenaars, kreatiewe medewerkers en tegniese ondersteuningspersoneel in Suid-Afrika. Vir meer besonderhede besoek https://www.tribuo.co.za/tribuo-fonds/
27 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

n Viering van musikale samesyn tydens “Sister Act” op 10 September by die Odeion

“Sister Act” bring drie uitmuntende Suid-Afrikaanse musikante byeen – die fluitspeler Malané Hofmeyr-Burger, violis Zanta Hofmeyr en altviolis Jeanne-Louise Moolman. Saam beloof die drie dames ’n viering van vriendskap, musiek en die vreugde van saam optree. Malané Hofmeyr-Burger sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels…
26 Aug 5 min

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min