#OFMKunsteklop - Sandra Prinsloo in "Oskar en die pienk tannie" aanlyn!

Loading player...
Die Boer-By die Huis bied aan vanaf 2-7 Julie: Sandra Prinsloo in Oskar en die Pienk Tannie.

Met meer as 120 uitverkoopte vertonings landswyd, 9 Nasionale Teatertoekkennings en mense wat steeds vra om die produksie Oskar en die Pienk Tannie te sien, wonder ‘n mens hoekom:

“Elke nou en dan, min of meer een maal per jaar, gebeur 'n teaterstuk wat 'n mens nie durf misloop nie. Die soort teaterbelewenis wat by jou steelkant verbyglip en jou totaal ontredder. Wat nie talm of trane trek nie. Wat jou oorrompel met 'n verpletterende besef van die fragiliteit en vlugtigheid van die lewe, van die kosbaarheid van oomblikke. Wat sorg vir 'theatre magic', losweg vertaalbaar as hoendervleis. So 'n stuk is Oskar en die pienk tannie.
Ek gesels met Sandra Prinsloo oor die besonderse rol en haar eerste aanlyn produksie, ooit!
1 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

n Viering van musikale samesyn tydens “Sister Act” op 10 September by die Odeion

“Sister Act” bring drie uitmuntende Suid-Afrikaanse musikante byeen – die fluitspeler Malané Hofmeyr-Burger, violis Zanta Hofmeyr en altviolis Jeanne-Louise Moolman. Saam beloof die drie dames ’n viering van vriendskap, musiek en die vreugde van saam optree. Malané Hofmeyr-Burger sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels…
26 Aug 5 min

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min