Mpati-kommissie: Survé moet oor OBK-finansiering getuig

Loading player...
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Andries van Driel, ondervoorsitter van die AmaGP, gesels. Dié organisasie bestaan uit pensioentrekkers wat as vrywilligers die regering se pensioenfonds (GEPF) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) monitor. Van Driel het talle bekommernisse oor die bestuur van die pensioenfonds ter waarde van R2 biljoen (trillion) gedeel. Die organisasie het ʼn verliesregister sedert 2018 vir die fonds begin byhou. Volgens die berekeninge bedra die bekende, waarskynlike en toekomstige verliese van gelde wat aan bedenklike projekte bestee is reeds R144 miljard in die register.
12 Feb 2019 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kultuur en kapitaal werk saam in ons skole

Kan ʼn sterk skoolkultuur belangriker as kapitaal wees? Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton Beleggings, is die antwoord ʼn besliste ja. In die jongste episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met Schalekamp oor die verhouding tussen kultuur en kapitaal in skole en waarom…
19 Jun 9 min

SkoolSlim | Robotika in die klaskamer begin nie by ʼn robot nie

Dit is ʼn praktiese SkoolSlim-episode vir onderwysers wat graag met robotika wil begin, maar onseker is hoe om die eerste tree te gee. In dié episode van SkoolSlim gesels Melanie Kroukamp, onderwysspesialis van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), oor hoe onderwysers robotika-denke reeds in hul klaskamers kan aanwakker deur probleemoplossing, kreatiwiteit,…
15 Jun 7 min