Grootste onderwyskongres vir Afrikaanse onderwysdroom

Loading player...
Dr. Danie Brink van Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié sentrum se onderwyskongres wat binnekort in Gauteng en die Wes-Kaap sal plaasvind. Talle kenners en onderwysspesialiste, asook bekendes soos dr. Japie van Zyl van Nasa en die ekonoom, Dawie Roodt, gaan onderwysers tydens die geleentheid toespreek. Brink vertel ook waarom hy glo ons Afrikaanse onderwysers is van wêreldgehalte en hoe die SOS dié onderwysers wil help om die status te behou.
1 Jun 2018 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees.
7 Aug 16 min

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê.
4 Aug 21 min

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min