17:30 Sport - 29 Augustus 2017

Loading player...
Die Toyota Cheetahs-stut, Ox Nche, lek sy lippe af vir die voorry-stryd wanneer die span Ulster en Munster in die Guinness Pro14-reeks pak. Die Cheetahs se veldtog skop Vrydagaand in Belfast af teen Ulster.

Die losskakel, Handre Pollard, is intussen by die Springbokspan ingesluit vir hulle Rugby-kampioenskaptoer na Australasië. Die insluiting beteken dat die jong Curwin Bosch vrygestel is om weer by die Sharks aan te sluit vir die Curriebeker-reeks. Die Stormers se agterlynspeler, Dillyn Leyds, is ook weer in die span ten koste van die Toyota Cheetahs-kaptein, Francois Venter.

Die hoof uitvoerende beampte van Krieket Suid-Afrika is verheug weens die feit dat die jongste speler in die Global T20-liga vir die Bloem City Blazers sal speel. Die 18-jarige linkerarm-naatbouler, Akhona Mnyaka, was die span se 15de speler wat hulle gekies het tydens Sondag se spelerveiling in Kaapstad.
29 Aug 2017 8AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

The Central University of Technology (CUT)

The Central University of Technology (CUT) and the Student Representative Council (SRC) have reached an agreement to end the protest action at the Welkom Campus
20 Apr 9AM 1 min